|
Beplande Re-Unie Matrieks 1979
- Hou solank die naweek van 18 Februarie 2012 oop en stuur
enigeiemand waarvan jy weet se inligting deur. Elke persoon is
belangrik-Ja JY OOK! Ons wil graag ALMAL daar hê!! 1. Datum: 18 Februarie 2012. 2. Waar: Die Chris du Plooy saal is vir die naweek bespreek by Gerrit Maritz Hoërskool. 3. Tyd -vanaf 15h00 tot baie laat. 4. Formaat van ete. Daar is goeie braaiplekke en 'n saal met tafels. Ons kan ook aan n skaapbraai dink waar alles vir ons gedoen word en ons dan net drinkgoed bring maar nie eergerei nie. Kostes dan so R100 per person. Ons het ook ‘n aanbod van musiek gekry en die saal leen hom daartoe dat daar ook gedans kan word vir die wat wil. Daar is ook onderdak kuier plek aan die saal en plek voor op die gras, net indien dit reën. 5. Koste. Die saal kry ons gratis omdat ons oud skoliere is. Kostes wil ons ook graag laag hou, dalk kan ons so R50 per paar vra en die van ons wat nog in die omgewing is kan dan die bykosse hieruit aankoop. Ek het ‘n verdere voorstel wat ek graag aan almal wil vooorlê, ‘n ekstra vrywillige kontantbedrag wat ons dan vir die skool vir ‘n spesifieke projek kan skenk soos om ‘n matriekleerling wat dit nie kan bekostig nie se matriekafskeid klere te borg, manlike of vroulik, Wolmer is steeds ‘n voedingsgebied en dit gaan maar broekskeur daar die skool kry ook maar swaar en ons moet eerder ‘n projek as net geld vir algemene tekorte gee. 6. Drag. Lekker gemaklik 7. Oorslaap moontlikhede. Hier is ‘n paar petite hotelle en gastehuise en daar is ook sekerlik moontlikhede aan huis van die van on swat hier bly, laat weet asb wie belangstel daarin. 8. Al die ander dinge....Sover sal ek deur Louis, Fielies, Francis en Rene gehelp word maar ek is seker daar is baie vrywilliges, laat weet ook asb. Julle kan my direk kontak by onderstaande nommers Wat ek van julle nodig het is wie stel in wat belang - Braai vs skaapbraai vs voorstel en wie kom? Almal wat die e-pos kry, of die inligting lees, laat weet asb. Dankie Desiree van Heerden Phone: +27 (0) 11 541 4075 Mobile: +27 (0) 71 877 3204 Home: +27 (0) 12 542 3910 desiree.van_heerden@syngenta.com
|
|
|
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||